Anthony David Hall - RAEL

 Met betrekking tot die plasings van Anthony Hall se 2 absurde videos die afgelope tyd bevestig ek dat hierdie man in redelike groot moeilikheid is. Ek wou julle net 'n klein bietjie agtergrond gee oor wie en wat hierdie man is aangesien julle sekerlik nie eers geweet het van sy bestaan nie. 

Agtergrond is belangrik. Hy besit 25 % van Rael Sober Farm en hyt baie volgelinge...meeste vroumense. Hyt egter na dese meer vyande want mense begin stuk stuk deur hom sien maar hyt steeds 'n hele paar duisend mense wat hom volg. Daar het 'n week terug 'n nuwe groep oopgemaak op Facebook met die naam PERDEBY. Nou ja, hier het baie mense begin saamkom wat al tenagekom, seergemaak, besteel, verneder en gedreig was deur hierdie man.... gaan kyk gerus. Dit sal lig werp in vele opsigte. Eerstens....hy wil almal altyd hof toe vat en beskou homself as super slim wat hof gedinge aanbetref. Hy weet eintlik niks maar die grootkop word nou  verduidelik. Hy sou eers by Neil de Beer aansluit en daai verhouding het sommer vinnig doodgeloop... dalk is dit net 'n smokescreen, wie sal weet. Ek spekuleer glad nie. Hy wou toe sy eie party stig om te wys hys beter as die UIM en toe betrek hy onder andere vir Adv. Westley Barnard en Oom Steyn Wepener. Hulle het ook onlangs onttrek en so ook ander "executive" lede.  Hulle almal word nou ook nes baie ander mense uitgekryt en verskriklik beswadder en sleggesê deur ou Anthony. Oom Westley Barnard het gisteraand 'n mooi video gemaak waar hy Anthony diep in sy dinges in stuur 😁... en nogal met takt. Debbie Els het nou baie onlangs 'n interdik teen hom bekom wat hy wragtig oortree het en het sy in haar laaste video bevestig dat daar 'n arrestasie uit is vir hom na sy weer amper die hele die dag by die SAPD was. Daai arme vrou moes ook al so gebukkend gaan onder ou Anthony se gal kotsery. Sy kon nie meer nie. Sy kan julle werklik ook baie van die persoon vertel. Ek weet Pixie Pink is ook genader om bietjie ondersoek in te stel na die dinge wat op daai "plaas" - rehab van hom aangaan. Hy diskrediteer altyd belangrike mense....mense wat 'n verskil probeer maak...

Afriforum is ook al goed sleggemaak deur hom....want niemand is beter as hy nie..... As jy nie 100% saam hom staan en spring as hy sê spring nie dan skel hy, blok mense, praat sleg van mense en vloek jou klere van jou lyf af...... ens. Niemand mag hom ooit bevraagteken nie. Hy pers mense af ook. Ek, soos baie baie ander mense het Anthony se RAEL pages en ook sy persoonlike facebook gevolg. Hys meer op sy foon besig met live videos maak van homself as enige iets anders. Verder dobbel hy baie. Baie van ons het begin agterkom hierdie man rafel uit en vinnig ook....buiten dat hy 'n narsis is....sy simptome het werklik erger geraak. Hys totaal uit beheer uit. 

 Nou hier is die ding....

Almal wat ek ken en mee te doen het dink en glo en is werklik oortuig hierdie man ly aan Delusions of grandeur. Hyt ook baie baie kontakte in die gang underworld en hys relatief trots daarop. Skandelik. 

Wat my verskriklik grief is iets waarvoor hy BAIE BAIE lief is om te sê... te veel kere moes ons al hoor:  I told you, don't fuck with a King's kid. Ja jy lees reg. Hy sê dit presies net so.  Hy is bitter lief daarvoor om dit te sê sodra hy iemand op sy "plek sit" of "ontbloot" of dreig om te ontbloot en hy sleep ons God altyd saam in om sy valse agenda te "versterk". Baie mense val daarvoor. Ongelukkig. Ons mense is desperaat en weerloos. Hy sien homself verder as 'n spesiale gekose leier en vergelyk homself BAIE met Jesus ook... as mense hom opdraande gee dan sê hy Jesus het ook daardeur gegaan. Hyt homself ook onlangs vergelyk met die leeu van Judah en ook met Koning David (omrede sy 2de naam David is) en hy sê God het hom geroep en aan hom die of daai uitgewys

  Hierdie man is siek.Hy vloek mense en dan seën hy weer 'n minuut later. Absoluut onstabiel. Hy is die slimste en beste in alles. Hy beskou homself ook as 'n uitstekende politikus en hy weet meer as almal van die geskiedenis en hedendaagse politiek. Hy is werklik geestelik siek. Hyself het baie onlangs erken dat hy bipolar het maar dat alles onder beheer is...  ook net omdat sy gewese CEO by Rael (wat hom ook gelos het) 'n klip in die bos gegooi het en dit het gemaak dat mense vrae vra. Die bipolar is nonsens. Hy makeer iets baie erger en groter as dit. Ons weet van beter. Hyt 'n baie groot probleem en hy sien dit self nie raak nie. Omrede hy siek is kan hy nie deur ander mense se oë na homself kyk nie. Deesdae laat hy elke dag 'n ander bom los. Almal is ook blykbaar daarop uit om hom te probeer breek en verwoes en degrade en te assassinate.

Ek hoop dit werp 'n klein bietjie lig op die karakter wat nou oor julle pad gekom het. 

Die man is siek, SIELSIEK 

Advokaat Steyn Weppener

 


No comments:

Post a Comment

Anthony David Hall kom ons wees reguit

  Anthony David Hall kom ons wees reguit met mekaar Kom ek en jy praat sommer so bietjie reguit. Van waar ek jou so Maand of twee gele...